Die ekonomie van rugbykaartjies

Een van rugbypale op Ellispark in Johannesburg.
Een van rugbypale op Ellispark in Johannesburg. Foto: David Rogers, Getty Images,

Onlangs het die Springbokke voor ’n stampvol Ellispark teen Engeland uitgedraf. Maar die Dinsdag vantevore was daardie stadion op koers om half leeg te wees.

Kaartjies het by R950 begin, verkope was traag en onder­­steuners het die somme hardop gemaak: As jy ’n gesin van vier is en jy tel vervoer en ’n boereworsrol by, is dit ’n uitstappie van R5 000. Saru het besgegee en die kaartjies se prys tot R650 verlaag. Sommige blokke was reeds R450 toe verkope begin het. Die stadion was vol en ’n oortuigende Springbok-oorwinning het gehelp dat die ondersteuners wat meer betaal het, nie te bedruk gevoel het nie.

  • Lees Waldo Krugell, ’n professor in eko­nomie aan die Noordwes-­Universiteit, se volledige rubriek oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie