Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier – 31 Julie 2026.

Lugbesoedeling raak veel meer as net die longe. Mediese navorsing toon dit verhoog die risiko vir asma, allergieë, chroniese sinusprobleme, hartsiektes, beroertes en voortydige sterftes. Lees ons in-diepte berig oor SA se swak luggehalte en hoe dit teenoor die res van die wêreld vergelyk.

In wêreldnuus berig ons oor die reuse-brande en hittegolwe wat groot dele van Europa verswelg, Amerikaanse sangeres Carly Simon wat met Parkinson se siekte gediagnoseer is en die aanval naby Berlyn se Pride-optog.

Die Solidariteit-beweging is terug in Washington vir vergaderings met die Amerikaanse regering, wat Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof, beskryf as ’n “voorbereidingstoer met die doel om oplossings te vind wat moontlik later vanjaar tot ’n groter opvolgbesoek kan lei.”

Op die sportblaaie kan jy meer lees oor die naweek se groot skolerugby, Chad Le Clos wat nou amptelik die suksesvolste swemmer in die geskiedenis van die Statebondspele is en die Bok-vroue wat binnekort in Fidji aan die Vroue XV-Globale uitdaagreeks deelneem.

Hennie Koortzen skryf oor die opkomende Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks en of groot sterre soos Siya Kolisi, Eben Etzebeth en Sacha Feinberg-Mngomezulu dalk gerus moet word vir die toets teen Argentinië wat nog voor dié reeks plaasvind.

In Dink gesels Ilse Salzwedel met Hein Willemse, emeritus professor in letterkunde en teorie, onder meer oor die rede hoekom hy nog nie eintlik ná sy aftrede opgehou werk het nie.

Dis ook hier waar jy Maureen van Helden, VivA se taaladviseur, en Zander van der Westhuizen, ’n predikant en omroeper van Pretoria, se rubrieke kan lees.

En wie kan nou verby blaai as Karla Janse van Vuuren drie sjokolade resepte – sjokolade-fondants, sjokolade-en-karamelkolwyntjies en rockyroad-sjokolade-fudge – deel. Dis ’n fees van sjokolade . . . net betyds vir ’n naweekbederf!

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier.

  • Lees al dié artikels en vele meer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos