Ekonomie ruk jou sak: Moet jou mediese fonds waai?

Moet jy jou mediese fonds laat vaar in platsaktye?
Moet jy jou mediese fonds laat vaar in platsaktye? Foto: Unsplash.

Elektrisiteit is duurder . . . die petrolprys het gister die hoogte in geskiet . . . kenners meen dat die inflasiekoers binnekort ook hoër gaan wees.

Ons sal almal dus moet spaar waar ons kan.

Karen Kaufman, ’n PSG finansiële adviseur en gesondheidsorgspesialis van die Paarl, waarsku mense om nie nou hul mediese fondse te kanselleer nie. Sy sê ’n goeie hospitaalplan, wat wel toegang bied tot privaathospitale, onkologievoordele en chroniese toestande (in lyn met minimum voorgeskrewe voordele), is ’n goeie alternatief vir platsaktye. Só bly jy gedek vir onvoorsiene, groot mediese uitgawes.

Kaufman waarsku teen vinnige, goedkoop keuses. “Goedkoop kan soms duurkoop wees. ’n Adviseur bied objektiewe advies, met deeglike inagneming van jou unieke behoeftes.”

Daar is geen addisionele fooie vir advies nie aangesien dit is reeds by jou bydrae ingesluit is, of jy ’n adviseur raadpleeg of nie. Kliënte kan dus net baat vind deur advies in te win.

  • Kry meer raad hoe om die prysskokke te hanteer in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie