F1-nuus: Is Shanghai gunstig vir Ferrari of gaan Russell weer wen?

Al die F1-aksie vind dié naweek in Shanghai plaas.
Al die F1-aksie vind dié naweek in Shanghai plaas. FOTO: F1.

Die Australiese Grand Prix het die eerste duidelike streep in die sand getrek. Hoewel Melbourne tradisioneel ’n ongewone baan is wat nie altyd die ware vermoëns van motors weerspieël nie, het verlede naweek se resies tog belangrike patrone blootgelê. Maar te lank kan daar nie oor ’n resies Doer Onder getob word nie.

Hierdie naweek is die F1-aksie in Shanghai en die Brit George Russell het reeds die F1-sprintwedren gewen. Ferrari se Charles Leclerc en Lewis Hamilton moes met tweede en derde plek gelukkig wees.

“Ek het pas met Charles gepraat; ons was soos: ‘Eintlik is dit nogal lekker op die ou einde!’ Daar is baie strategie betrokke en hoe jy die verbygaan doen. Dit is nie maklik nie,” het Russell ná die resies gesê.

Mercedes het weer skoonskip gemaak in die kwalifisering met Antonelli wat in eerste plek, en Russell, wat in tweede plek sal wegspring. Die groot resies vind 08:55 môreoggend plaas.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie