Finansiële vryheid gebeur as jy van skuld bevry is

Foto: Adobe Stock
Foto ter illustrasie: Adobe Stock.

Mense wil altyd by my weet wat die beste belegging is.

Bemarkingsfoefies en geldmaakskemas het al eerder honderde miljoene mense ter wêreld armer as ryker gemaak.

Ervaring het my geleer dat selfs die slimste en mees ervare leke nie die nodige kennis het om die vereiste berekeninge en vergelykings te doen om ’n oordeel te vel wanneer dit kom by selfs basiese finansiële instrumente nie. Wat nog van gesofistikeerde moderne finansiële afgeleide en verskansingsbeleggings waartoe ’n mens vandag toegang het.

Gekwalifiseerde geakkrediteerde finansiële raadgewers is veronderstel om die antwoord te wees op die lekepubliek se tekortkomings ten opsigte van kundigheid. Dit is egter nie die geval nie. Finansiële raadgewers is in die meeste gevalle alge­mene praktisyns met beperkte kundigheid oor gesofistikeerde beleggings. Andersins is daar baie ander spesialisvelde as beleggings en in beleggings is daar weer onderliggende spesialisvelde. Jy moet dus by die regte spesialis, of ’n algemene beleggingspraktisyn uitkom.

  • Lees Heinrich Kruger, besturende direkteur van Kruger Internasionaal Bate & Welvaartbestuur, se volledige rubriek in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos