Gholfspeler Bryson DeChambeau gaan skare na Sun City lok

Die Amerikaanse gholfspeler Bryson DeChambeau.
Die Amerikaanse gholfspeler Bryson DeChambeau. Foto: Johan Rynners/Getty Images.

Die Amerikaner, Bryson DeChambeau, sal vanjaar sy eerste verskyning by Sun City in die Nedbank-uitdaagtoernooi maak.

Gary Player, Suid-Afrikaanse gholflegende en DeChambeau het dié aankondiging vandeesweek gemaak vir die toernooi wat van 3 tot 6 Desember gehou word.

Die 32-jarige Amerikaner het soete herinneringe aan Suid-Afrika. Hy het met sy eerste besoek vroeër in Maart tydens LIV Golf se eerste besoek aan Steyn City die individuele kompetisie gewen.

“Meneer Player, dit is amptelik. Ek kom terug na Suid-Afrika om in jou toernooi te speel. Ek kan nie wag nie. Dit is ’n eer om deel hiervan te wees,” sê DeChambeau.

Player was duidelik in sy noppies met die Amerikaner se deelname. “Ons is opgewonde. Wat jy by Steyn City gedoen het het ons nog nie voorheen gesien nie. Dit was ongelooflik, die mense was gaande oor jou.

“Dit is ’n voorreg dat jy terugkom om in my toernooi te speel. Die mense gaan baie opgewonde wees as hulle hoor jy is op pad om hier te kom speel.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos