Goeie proeflopie voor Rugbywêreldbeker

Die M&T-stadion in Baltimore, waar die laaste toets van die Greatest Rivalry-reeks môreaand beslis word. Foto: Kirby Lee/Getty Images.
Die M&T-stadion in Baltimore, waar die laaste toets van die Greatest Rivalry-reeks môreaand beslis word.

Van ’n poloveld in Glenville New York met 29 toeskouers in 1981 tot vanaand se vierde en laaste toets in die Greatest Rivalry-reeks in die M&T-stadion in Baltimore voor meer as 70 000 rugbygeesdriftiges – dit is hoe die verhaal van Springbokrugby in Amerika ontvou.

Divan Serfontein, voormalige Springbok-skrumskakel wat in New York gespeel het, deel sy herinneringe van die wedstryd met Die Papier. “Ek onthou ons was veronderstel om die Sater­dag te speel, maar dis vervroeg na die Vrydag.

“Ons moes in klein groepies na ’n poloveld vertrek om te voorkom dat betogers ons agtervolg. Die reserwes moes help om die pale op te rig en die lyne te verf.

“Ek onthou ook hoe ons in ’n perdekamp tussen die mis moet litte losmaak. Ons het darem die wedstryd 38-7 gewen.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos