Die groot name en sterspelers is grotendeels terug in die All Blacks-beginspan vir Saterdag se eerste toets teen die Springbokke op Ellispark, met Cam Roigard, Damian McKenzie en Will Jordan wat almal uit sal draf.
Daar was in die aanloop tot die wedstryd kommer oor beserings aan al drie spelers.
Die All Blacks-afrigter, Dave Rennie, het sy spankeuse verduidelik en beklemtoon dat die groep propvol ervaring is.
“Ons het ’n gebalanseerde mengsel van ervare spelers wat al groot wedstryde gespeel het, en jonger spelers gekies wat die reg verdien het om in hierdie eerste toets te speel.
“Die eerste drie rugbyuniewedstryde het ons nuwer spelers blootgestel aan die manier waarop Suid-Afrikaanse spanne speel en was uitstekend om kombinasies te bou en die spel wat ons wil speel, verder te ontwikkel.
“Ons weet die toetsreeks gaan heelwat moeiliker wees. Ons is deeglik bewus van wat die Springbokke na die stryd gaan bring en van die druk wat daarmee gepaardgaan. Hulle is die nommer een-span in die wêreld, speel by hul geestelike tuiste voor hul passievolle ondersteuners, en daarom sal ons Saterdag op ons allerbeste moet wees.”
All Blacks-span vir die toets teen die Springbokke op Ellispark
15 Damian McKenzie, 14 Will Jordan, 13 Quinn Tupaea, 12 Jordie Barrett, 11 Josh Moorby, 10 Ruben Love, 9 Cam Roigard, 8 Ardie Savea (k), 7 Luke Jacobson, 6 Tupou Vaa’i, 5 Fabian Holland, 4 Josh Lord, 3 Tyrel Lomax, 2 Codie Taylor, 1 Ethan de Groot.
Reserwes: 16 Asafo Aumua, 17 George Bower, 18 Fletcher Newell, 19 Anton Segner, 20 Peter Lakai, 21 Kyle Preston, 22 Anton Lienert-Brown, 23 Leroy Carter.
