Die skeidsregters vir Greatest Rivalry-reeks tussen die Springbokke en die All Blacks is deur Wêreldrugby bevestig.
Matthew Carley (Engeland), Nika Amashukeli (Georgië) en Angus Gardner (Australië) sal die eerste drie toetse van die reeks hanteer, wat op 22 en 29 Augustus en 5 September plaasvind.
Karl Dickson (Engeland) sal daarna die vierde toets op 12 September in Baltimore, VSA, behartig. Die vier skeidsregters sal ook die ander vier wedstryde tydens die toer teen die Stormers, Sharks, Bulle en Leeus waarneem.
Die All Blacks begin hul toer Vrydag wanneer hulle die Stormers in Kaapstad aandurf, voordat hulle teen die Sharks en Bulls speel in die aanloop tot die eerste toets op Ellispark.
Wedstryde vir die Greatest Rivalry-reeks
- Vrydag, 7 Augustus: Stormers, Kaapstad
- Dinsdag, 11 Augustus: Sharks, Durban
- Saterdag, 15 Augustus: Bulls, Pretoria
- Saterdag, 22 Augustus: Springbokke t. All Blacks, eerste toets, Johannesburg
- Dinsdag, 25 Augustus: Lions, Johannesburg
- Saterdag, 29 Augustus: Springbokke t. All Blacks, tweede toets, Kaapstad
- Saterdag, 5 September: Springbokke t. All Blacks, derde toets, Johannesburg
- Saterdag, 12 September: Springbokke t. All Blacks, vierde toets, Baltimore, VSA
