Handré Pollard is in die beginspan vir Saterdag se tweede toets van die Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland in Kaapstad.
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het drie veranderinge in sy beginspan aangebring. Indien Bok-flank Siya Kolisi suksesvol saam kan oefen hierdie week, sal hy die vierde verandering wees as hy nuweling Paul de Villiers vervang.
“Die veranderinge wat ons aangebring het, strook met wat ons hierdie week op die veld wil bereik, en dit is waardevol dat byna al die spelers in die afgelope twee wedstryde speeltyd gekry het. Daarom behoort hulle die intensiteit en fisieke aard van dié wedstryd goed te kan hanteer,” het Erasmus oor sy spankeuses gesê.
- Ox Nché
- Malcolm Marx
- Wilco Louw
- Eben Etzebeth
- Ruan Nortjé
- Siya Kolisi/Paul de Villiers
- Pieter-Steph du Toit (k)
- Jasper Wiese
- Cobus Reinach
- Handré Pollard
- Ethan Hooker
- Damian de Allende
- Jesse Kriel
- Kurt-Lee Arendse
- Damian Willemse
Plaasvervangers:
- Deon Fourie
- Gerhard Steenekamp
- Thomas du Toit
- Lood de Jager
- André Esterhuizen
- Cameron Hanekom
- Morné van den Berg
- Sacha Feinberg-Mngomezulu
