All Blacks-afrigter Dave Rennie het verskeie veranderinge aan sy span aangebring vir die tweede toets van die Greatest Rivalry-reeks teen die Springbokke in Kaapstad Saterdag.
Daar sal drie nuwe spelers in die beginspan wees, met Leroy Carter, Simon Parker en George Bower wat almal in die beginvyftiental ingesluit is.
Tupou Vaa’i skuif van flank na slot, terwyl Patrick Tuipulotu en Xavier Numia die nuwe gesigte op die plaasvervangersbank is.
Afskop in Kaapstad is Saterdag om 17:10.
All Blacks-span vir die toets teen die Springbokke in Kaapstad
15. Damian McKenzie, 14. Will Jordan, 13. Quinn Tupaea, 12. Jordie Barrett, 11. Leroy Carter, 10. Ruben Love, 9. Cam Roigard, 8. Ardie Savea (kaptein), 7. Luke Jacobson, 6. Simon Parker, 5. Tupou Vaa’i, 4. Fabian Holland, 3. Tyrel Lomax, 2. Codie Taylor, 1. George Bower.
Plaasvervangers: 16. Asafo Aumua, 17. Xavier Numia, 18. Fletcher Newell, 19. Patrick Tuipulotu, 20. Peter Lakai, 21. Kyle Preston, 22. Anton Lienert-Brown, 23. Josh Moorby.
