Inwoners oor Suid-Afrika heen het sedert Sondag behoorlik gebibber weens bitter koue toestande, met swaar reën, oorstromings en sneeu wat oor talle gebiede voorgekom het.


Die goeie nuus is dat dié kwaai koue aan die opklaar is en dalk net die weg gebaan het vir reën in die Wes-Kaap. Talle hoogliggende dele in die Oos-Kaap, Lesotho, die Vrystaat en KwaZulu-Natal was bedek met sneeu, wat plek-plek tot groot ontwrigting gelei het.


“Dit was gewis ’n uitsonderlike winterstelsel – veral omdat soveel verskillende soorte winterweer terselfdertyd oor ’n groot deel van die land voorgekom het,” sê Annette Botha, ’n meteoroloog van Vox Weather.


- Lees die volledige berig in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
