Caesar Balona, hoof van risiko intelligensie en ingenieurswese by Old Mutual Insure, sê weerpatrone verander die realiteit van huiseienaarskap ingrypend.
“Uiterste weergebeure soos oorstromings, haelstorms, veldbrande en langdurige droogtes neem toe in beide frekwensie en intensiteit, wat risiko’s vir kliënte aansienlik verhoog.”
Hy waarsku dat selfs huise in dieselfde woonbuurt verskillende risikoprofiele kan hê, afhangend van faktore soos dreinering, hoogte bo seevlak en nabyheid aan waterbronne of brandgevaarlike gebiede.
Balona sê huiseienaars moet meer proaktief raak om skade te beperk. “Ek stel dikwels voor dat huiseienaars hul eiendom tydens ’n swaar stortreën dophou. Dan raak dit vinnig duidelik waar swak dreinering, verstopte afvoerpunte of strukturele swakhede bestaan.”
“Verstopte stormwaterdreine in die omgewing kan ’n direkte impak op jou huis hê. As jou huis en inhoud nie vir die korrekte vervangingswaarde verseker is nie, kan jy by die eisstadium probleme ervaar,” voeg hy by.
- Lees Die Papier se volledige berig oor die weer, waar ons met verskeie kenners oor dié kwessie gesels. Dit is nou op die rakke beskikbaar.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
