Hekel met Hart sit pienk varkies in kinders se hande

Anné Pretorius van Lesedi-kleuterskool, Adrie van Staden, uit­voerende hoof van Die Kinderfonds, en Lynnette Luwes, direkteur van menslike hulpbronne by Eskort.
Anné Pretorius van Lesedi-kleuterskool, Adrie van Staden, uit­voerende hoof van Die Kinderfonds, en Lynnette Luwes, direkteur van menslike hulpbronne by Eskort.

Klein pienk varkies, met liefde met die hand gehekel, het vroeër die maand vir 45 kinders by Lesedi-kleutersentrum buite Marble Hall veel meer as net ’n nuwe speelding beteken.


Dié sagte varkies is die resultaat van Eskort se Hekel met Hart-gemeenskapsinisiatief, waaraan werknemers, asook hul vriende en familie, deelgeneem het. Rekenaarmuise is vir hekelnaalde verruil om speelgoed te skep wat uiteindelik kinders in nood se lewe ophelder.


Lesedi-kleutersentrum, wat op ’n sitrusplaas in Limpopo geleë is, versorg kinders van plaaswerkers tussen twee en vyf jaar oud.
Volgens Anne Pretorius, die sentrum se bestuurder, het baie van die kinders nie hul eie speelgoed nie en ontvang hulle selde geskenke.
Eskort, wat Die Kinderfonds reeds jare lank ondersteun, het besluit om die gehekelde varkies aan die kinders te skenk.

Pienk varkies het ’n glimlag op sowat 45 kinders se gesig gesit.


Maar die besoek was oor meer as die oorhandiging van speelgoed. Die kinders is met ’n springkasteel, geskenksakke met inkleurboeke en kryte, gesigverf en ’n middagete bederf. Hulle het op hul beurt hul sangtalent en danspassies op ’n konsert gewys. Die grootste oomblik was toe elke kind sy of haar pienk varkie ontvang het.
“By Eskort glo ons dat selfs die kleinste dade van goedhartigheid ’n blywende impak kan hê,” sê Lynnette Luwes, direkteur van menslike hulpbronne.

As jy ’n bydrae gee aan Die Kinderfonds, is jy outomaties ingeskryf vir die RSG-en-Kinderfonds se donasieprojek waarmee jy R200 000 of ’n Toyota Vitz kan wen.
Einde Augustus is daar ’n verdubbelingsaanbod: As jy R50 skenk, kry jy nou twee inskrywings en 12 inskrywings vir R250 (dus een ekstra inskrywing).


Die Kinderfonds, Absa, tjekrekeningnommer 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
Gaan na www.diekinderfonds.co.za vir al die inligting. Rig navrae aan Adrie van Staden op WhatsApp: 061 479 4791.

Die Kinderfonds.
  • Lees volledige artikel oor Die Kinderfonds in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos