Toe die MAD-galery in Poznán in die weste van Pole onlangs ’n foto aan Henk Serfontein stuur van die twee kratte met sy werk wat veilig daar opgedaag het, was hy verlig.
“Om eerlik te wees,” sê hy, “ek hou maar altyd my asem op met die glas wat kan breek en my werk moontlik kan beskadig.”
Henk, ’n Kaapstadse kunstenaar, het ’n uitnodiging gekry om The Topography of Skin, 12 werke in houtskool en gemengde media op papier, daar te vertoon. Die uitstalling duur tot 22 Mei.
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
