Sensitiewe skietstilstand in die Midde-Ooste: ‘Iran wen dié ronde’

’n Brandbestryder loop deur motorwrakke terwyl ’n gebou ná ’n Israeliese lugaanval op Beiroet, Libanon, brand. Israel het sy aanvalle op Libanon verskerp en sê Amerika se skietstilstand tussen dié land en Iran sluit nie Libanon in nie.
’n Brandbestryder loop deur motorwrakke terwyl ’n gebou ná ’n Israeliese lugaanval op Beiroet, Libanon, brand. Israel het sy aanvalle op Libanon verskerp en sê Amerika se skietstilstand tussen dié land en Iran sluit nie Libanon in nie. Foto: Chris McGrath, Getty Images.

Iran het ekonomies en mili­têr baie skade gely, maar polities en strategies hierdie ronde gewen, sê Heinrich Matthee, ’n ontleder van die Midde-­Ooste in Amsterdam.

Sy gevolgtrekking volg terwyl die wêreld gisteraand teen druktyd die asem opgehou het oor of die brose skietstaking tussen Amerika en Iran gaan hou, of Israel se inval in Libanon dit kan verongeluk en of die beoogde vredesamesprekings die komende naweek bereik sal word.

Die New York Times het in ’n onthullende artikel berig oor toe­nemende ongemak in pres. Donald Trump van Amerika se binnekring dat hy Iran halsoorkop laat aanval het – dit nadat hy deur Benjamin Netanyahu, die Israelse premier, mislei is om te glo die konflik, insluitend verandering van die regime en ’n Iranse burgerlike opstand, kan binne enkele weke verby wees.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie