’n Voorlopige peiling onder landbouprodusente toon dat skade ná verlede week se verwoestende vloede in dele van die Wes-Kaap reeds sowat R520 miljoen beloop, met Agri Wes-Kaap wat sê dit is die ergste vloede in ’n honderd jaar in die provinsie.
Teen Donderdag was meer as 90 paaie regoor die provinsie steeds gesluit.
“Hierdie vloede kom in ’n tyd waar die landbousektor reeds onder groot finansiële druk verkeer,” het Rojeanne de Wet, skakelbeampte van Agri Wes-Kaap, by navraag gesê.
Volgens De Wet het baie boere in geraakte gebiede waterpompe en kritieke waterinfrastruktuur verloor.
- Lees hierdie volledige artikel in die jongste uitgawe van Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur ’n e-pos te stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of skakel 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
