‘Kaarte’-fees op Loftus: Vyf geel – en een rooikaart in Bulle-Pumas-kragmeting

Die Airlink Pumas het die Vodacom Bulls XV in ’n naelskraapse Curriebeker-kragmeting met 33-31 geklop, nadat ses kaarte die wedstryd verder opgekikker het.

Die Pumas het vroeg momentum gekry toe Alfonso Isaacs reeds in die vierde minuut oor die doellyn gedruk het. Nevaldo Fleurs het die drie verdoel om die Pumas met 7-0 voor te laat.

Die besoekers het hul voorsprong kort daarna verder uitgebrei toe Nevaldo Fleurs nog ’n suksesvolle doelskop bygevoeg het. Willie Engelbrecht het in die 13de minuut ’n drie gedruk, waarna Fleurs die doelskop suksesvol deur die pale gestuur het. Die Pumas het daarmee ’n stewige voorsprong opgebou.

Die Bulls XV het egter teruggeveg. ’n Strafdrie het hulle op die telbord gekry en hulle het die agterstand begin verklein.

Die spanning het verder toegeneem toe Siphoseuthu Mnebelele en Cephas van Biljon vir die Bulle geelkaarte ontvang het.

Die Bulle het daarna hul druk voortgesit en Johnathan Eloff het in die 43ste minuut ’n drie gedruk. Keagan Johannes het die doelskop suksesvol verdoel, wat die telling op 14-19 gebring het.

Net voor rustyd is die Bulls se Kebotile Maake deur Jon Hobson vervang.


Die Pumas het rustyd met 19-14 teen die Vodacom Bulls XV voorgeloop, maar die eerste helfte is veral gekenmerk deur ’n reeks geelkaarte en dissiplinêre probleme.

Die Bulle het vroeg reeds onder druk gekom. Alfonso Isaacs van die Pumas het in die 21ste minuut ’n geelkaart ontvang, waarna die Bulls se Siphoseuthu Mnebelele in die 30ste minuut ook met ’n geelkaart gestraf is.

Net drie minute later, in die 33ste minuut, het die Bulls nóg ’n geelkaart gekry toe Cephas van Biljon afgestuur is.

Die dissiplinêre probleme het die Bulls verder geknou toe daar ook in die 10de minuut ’n rooikaart aangeteken is, wat die wedstryd se fisieke aard beklemtoon het.

Ten spyte van die kaarte het die Bullse daarin geslaag om terug te veg. Johnathan Eloff het in die 43ste minuut ’n drie gedruk, waarna Keagan Johannes die doelskop oorgeskop het om die telling tot 14-19 te verklein.

Die Pumas het hul voorsprong verder uitgebrei toe Jan-Henning Campher in die 54ste minuut sy tweede drie van die wedstryd gedruk het.

Nevaldo Fleurs het ’n minuut later die doelskop suksesvol oorgeskop.

Die Pumas het daarna verskeie plaasvervangers op die veld gebring, met Dian Coetzee, Sandi Msengana en Brooklyn Newman wat in die 55ste minuut opgekom het.

Sandi Msengana van die Pumas het in die 69ste minuut ’n drie gedruk het.

Die Pumas het daarna verskeie veranderinge gemaak, met spelers soos Stephan Krugel, Junior Banda, Darren Adonis en Thabo Ndimande wat in die tweede helfte op die veld gebring is.

Met nog sowat tien minute oor, bly die Pumas stewig in beheer van die wedstryd.

Die Pumas het hul voorsprong verder uitgebrei toe Jan-Henning Campher in die 74ste minuut sy derde drie van die wedstryd gedruk het.

Nevaldo Fleurs was weer akkuraat met die doelpoging en het die drie suksesvol oorgeskop.

Die Pumas het intussen ook nog ’n geelkaart gekry toe Sintu Majezi in die 73ste minuut gestraf is.

Die wedstryd het nou reeds sewe kaarte opgelewer – drie geelkaarte en ’n rooikaart vir die Bulls XV, en drie geelkaarte vir die Pumas

Die Bulle het in die 77ste minuut ’n belangrike drie gedruk toe Hakeem Kunene oor die doellyn gegaan het.


Die Pumas het die Bulle met 33-31 uiteindelik geklop.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos