Die Springbokke is terug in die eerste posisie in die wêreld nadat hulle die All Blacks Saterdag met 33-26 in die tweede toets van die Greatest Rivalry-reeks in Kaapstad geklop het.
Ná verlede week se nederlaag op Ellispark het die Springbokke die eerste plek op Wêreldrugby se ranglys aan Nieu-Seeland afgestaan.
Die 1,18 ranglyspunte wat hulle met Saterdag se oorwinning verdien het, het Suid-Afrika egter na 93,39 punte laat styg, terwyl Nieu-Seeland met 1,18 punte tot 92,85 teruggesak het.
Hier is die huidige top-10 in die wêreld
- (+1) Suid-Afrika – 93,39 (+1,18)
- (-1) Nieu-Seeland – 92,85 (-1,18)
- Ierland – 88,08
- Frankryk – 87,43
- Engeland – 85,68
- Skotland – 84,78
- Argentinië – 83,13
- Australië – 82,67
- Fidji – 78,00
- Wallis – 76,38
