Kolbe kan AB’s se drome sink

Springbok-staatmaker Cheslin Kolbe.
Springbok-staatmaker Cheslin Kolbe. Foto: Anton Geyser/Gallo Images.

Hier is die moontlike scenario’s wat vandag in die derde toets in die ­Greatest ­Rivalry-reeks in die FNB-sta­dion in Johannesburg kan afspeel.


Eerstens, wen die Springbokke, kan hulle dié reeks nie meer verloor nie. Trouens, dit sal beteken dat Suid-Afrika twee uit die drie toetse op tuisbodem wen, ’n sielkundige oorwinning voor die toets in Baltimore.


Tweedens, wen die All Blacks, dan was hulle baas in ons agterplaas.
Dit sal beteken Suid-Afrika moet in ’n volksvreemde land met die Nieu-Seelanders vir ’n gelykopuitslag gaan afreken.


Nog ’n punt om te opper, is die kouefront wat Gauteng tref. As jy na die voorlopige weervoorspelling kyk, gaan dit ’n nat en modderige affêre wees.

Cheslin Kolbe sal weer 'n groot rol in die Greatest Rivalry-wedstryd
Cheslin Kolbe sal weer ’n groot rol in die Greatest Rivalry-wedstryd. Foto: Tim Clayton, Getty.


Sou die prentjie uitspeel, is dit ’n verdere voordeel vir die Bok-skrum, wat onder hewige kritiek van die All Black-afrigter, Dave Rennie, deurloop — ’n duidelike noodkreet uit frustrasie, waarop sy voorry geen antwoord het nie.


Daan Human, die Bokke se skrumafrigter, het sy saak gestel:
“As ons ewe skielik om die skrum loop, beteken dit ons doen dit al die afgelope ses jaar wat ek deel is van die Bokke. Ons doen dit nie — ons skrum vorentoe. Ons stoot deur die middel en met krag.”

  • Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos