Die All Blacks hou vandag ’n openbare verwelkomingsgeleentheid by die DHL-stadion in Kaapstad en nooi plaaslike ondersteuners om die span voor die Greatest Rivalry-toetsreeks teen die Springbokke te verwelkom.
Die Nieu-Seelanders, wat tans na Suid-Afrika onderweg is, sal ’n mediasessie sowel as ’n ontmoeting met ondersteuners aanbied.
“Sluit asseblief hierdie Vrydag van 13:00 tot 15:30 vir ’n gratis verwelkomingsgeleentheid by ons aan. Benewens baie musiek en gesinsvriendelike vermaak, sal die All Blacks hul gedagtes oor die komende reeks deel.
“Bring jou familie, vriende en spanmaats en wees deel van ’n geleentheid wat jy nooit sal vergeet nie,” het die All Blacks Woensdag op hul X-rekening geskryf.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
