KYK: Helikopter val tydens brandbestryding in Houtbaai

Veldbrande.
Veldbrande. Foto: Unsplash.

Dit lyk soos iets uit ’n oorlewingsfliek. In ’n video wat aanlyn gesirkuleer word kan ’n vuur teen die Houtbaai-berg gesien word terwyl ’n geel helikopter nader vlieg om dit te blus. Dan gebeur die ondenkbare . . . die vliegtuig stop nie en tref die berge en rol dat die propellers grond toe draai.

Wykraadslid Roberto Quintas het aan NovaNews bevestig dat die voorval vroeër gisteraand plaasgevind het terwyl die helikopter besig was om ’n vuur op die berg te blus.

“Een van die brandhelikopters wat vure geblus het, het [gisteraand] teen die berg vasgevlieg. Dit is ’n wonderwerk dat die vlieënier slegs geringe beserings opgedoen het,” het Quintas om 19:20 Woensdagaand gesê.

Hy het bygevoeg dat daar ’n brandspan op die toneel is wat die sekondêre brand wat deur die ongeluk veroorsaak is, sal hanteer.

LEES | Hout Bay Fire spreads overnight after cresting mountain ridge

Voortgesette brandbestryding

Die ongeluk het plaasgevind midde-in ’n veldbrand wat sedert Dinsdagmiddag in die area woed.

Volunteer Wildfire Services het die ongeluk op hul Facebook-blad bevestig en gesê hulle het ’n span ontplooi om die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke met die voorgesette Vlakkenberg- en Houbaai-brand te help toe die ongeluk plaasgevind het.

“Ons is ook bewus van berigte dat ’n helikopter tydens operasies op die Houtbaai-berg neergestort het. Nooddienste is tans op die toneel. Op hierdie stadium is die nuus dat beide vlieëniers veilig is,” het hulle gesê.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie