Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag, 9 Julie, die sperdatum vir die Madlanga-kommissie om sy finale verslag in te dien verleng.
Die nuwe sperdatum vir die afhandeling van getuienis is Vrydag, 2 Oktober, en die indiening van die finale verslag is Maandag, 16 November. Die oorspronlike sperdatum vir die finale verslag was aanvanklik 31 Augustus.
Rede vir verlenging
Volgens Vincent Magwena, die presidensiële woordvoerder, is die ekstra tyd nodig sodat die kommissie alle sake binne sy mandaat volledig kan ondersoek.
Sonder hierdie uitstel sou groot dele van die ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie binne die strafregstelsel onvoltooid wees.

LEES OOK | Ramaphosa extends Madlanga Commission deadline to November
Die Nasionale Tesourie
Die Nasionale Tesourie het Woensdag, 8 Julie, ’n forensiese ondersoek aangekondig na aanleiding van getuinenis wat voor die Madlanga-kommisie gelewer is. Onafhanklike, eksterne ondersoekers is aangestel om bewerings van grootskaalse botsings van belange en die manipulering van multi-miljoen-rand se staatskontrakte te toets.
- Lees die volledige artikel oor die Madlanga-kommissie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
