Asof daar nie reeds genoeg newe-effekte van die konflik in die Midde-Ooste is nie, voer die Afrika-Unie en die Afrika-ontwikkelingsbank (AOB) dat dit ’n “beduidende risiko vir Afrika” inhou.
Die verslag, waarsku dat die oorlog die lewenskostes die hoogte kan laat inskiet en dus ekonomiese groei oor die Afrika-vasteland kan vertraag, volgens AFP.
Afrika voer 15,8% van hul goedere van die Midde-Ooste in en 10,9% na dié gebied uit.
“Die konflik, wat reeds ’n handelskok ontketen het, kan vinnig ontwikkel tot ’n lewenskostekrisis regoor Afrika deur hoër brandstof- en voedselpryse, stygende skeeps- en versekeringskoste, wisselkoersdruk en strenger fiskale toestande,” lui die verslag.
Meeste Afrikalande se groeikoerse loop steeds effe gebuk deur weens die covid-19-pandemie wat dit klaar ’n knou gegee het.
“’n Verlies aan uitvoer-groei van 0,2 persentasiepunte op Afrika se BBP word vir 2026 voorspel indien die konflik langer as ses maande aanhou.
“Hoe langer die konflik voortduur en hoe ernstiger die ontwrigting van skeepsroetes en energie- en kunsmis-verspreiding is, hoe grote is die risiko van ’n beduidende groeivertraging regoor Afrika.”
