Mischa gaan van ‘Ek het tee’ tot eie baas

Mischa van Heerden gloei nadat sy haar lewe omgedraai het.
Mischa van Heerden gloei nadat sy haar lewe omgedraai het. Foto: Verskaf.

Mischa van Heerden, Polokwane se eie sosialemedia-beïnvloeder, het áltyd net die regte “tee”.

Deesdae het Van Heerden, beter bekend as @themischhh, allerlei interessante inhoud – van snaakse sketse tot produkte en klere – wat sy met haar sosialemedia-volgelinge deel.

Maar dit het alles begin met ’n eenvoudige frase – “Ek het tee” – toe sy TikTok tydens Covid-19 ontdek het. Wat aanvanklik bloot ’n uitlaatklep in ’n moei­like tyd was, het uiteindelik haar loopbaan geword.

  • Lees die volledige onderhoud met Mischa in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos