Misdaad: ‘Dis politiekery’

JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit van die Kaapstad-metro, patrolleer gereeld die Kaapse Vlakte saam met sy span.
JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit van die Kaapstad-metro, patrolleer gereeld die Kaapse Vlakte saam met sy span. Foto: Facebook.

Dit is as gevolg van politiekery tussen verskillende vlakke van die staat dat gemeenskappe onder misdaad gebuk gaan.

Só sê dr. Llewellyn MacMaster, die voorsitter van die Kaapse Misdaadkrisiskoalisie.

Met die Kaapstad-metro wat tussen Junie 2024 en Mei 2025 alleen 215 breek-en-gryp-voorvalle aangemeld het, pleit JP Smith, dié metro se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, al lank dat die metro meer polisiëringsmagte kry.

Karin van Aardt (64) van Mbombela in Mpumalanga is op 4 Desember verlede jaar in een van die voorvalle vermoor. Van Aardt en haar man, Herman, was van die Kaapstad-lughawe op pad Vredenburg toe toe die passasiersruit van hul huurmotor naby Jakes Gerwel-rylaan stukkend geslaan is. Karin is in die aanval doodgesteek.

Drie verdagtes – Ndiyabulela Vayi, Thando Nkolongo en Yamnkela Mdunyelwa – het onlangs in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn. Dié drie bly in aanhouding terwyl die staat op forensiese uitslae wag.

‘Veiligheidsmuur geen oplossing’

Die Kaapstadse metroraad het R114 miljoen begroot vir die N2 Edge-veiligheidsprojek, wat ’n muur van 3 m hoog en 8 km lank insluit. Die muur moet motoriste, wat gereeld in breek-en-gryp-aanvalle geteiken word, beskerm.

MacMaster meen die bou van ’n hoë muur langs die N2 kan dalk die indruk skep van optrede, maar dis nie ’n strategie teen misdaad nie.

“Ons weet misdaad in Kaapstad word deur bendenetwerke, swak ondersoekvermoë en onvoldoende polisiëring gedryf. ’n Mens kan sê vorige pogings word nie bestendig gehandhaaf nie. Geen van die misdaadprobleme sal met betonversperrings opgelos word nie.”

  • Lees Bohemia Hoffmeester-Jumatt se volledige berig oor dié kwessie in Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie