Die Noordwes-parke-en-toerismeraad (NPTR) sit met die hande in die hare oor ’n “bevolkingsontploffing van olifante” in die luukse Madikwe-natuurreservaat. Die NPTR het verlede week aan die portefeuljekomitee oor bosbou, visserye en omgewingsake gesê hulle gaan “binnekort” met die uitdunning van minstens 1 000 van dié diere begin.
Dr. Lilian Managa, ’n EFF-LP, het gesê sy het verneem dié natuurreservaat se “drakrag” vir olifante is “500 diere of minder”. Daar is nou 1 600 olifante in die reservaat.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
