’n Nixon maak weer opslae

Angie Nixon by ’n kerkdiens in die Ebenezer Missionary Baptiste-kerk in Hallandale Beach, Florida.
Angie Nixon by ’n kerkdiens in die Ebenezer Missionary Baptiste-kerk in Hallandale Beach, Florida. Foto: Getty Images.

Die linkervleuel van die Demokratiese Party in Amerika het Woensdag verlede week sy jongste onverwagte sege in ’n Amerikaanse Senaatsvoorverkiesing in Florida gevier. Dit bou voort op ’n wenreeks in pres. Donald Trump se ­tuisstaat, terwyl kiesers verskeie van sy voorkeur- Republikeinse kandidate in ander wedlope verwerp het.

Die provinsiale wetgewerlid en linkse sosialis Angie Nixon het die swaargewig-gunsteling en voormalige nasionale veiligheidsbeampte Alexander Vindman verslaan vir die benoeming om in November teen die Republikeine mee te ding.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos