Naelbyt eerste helfte: Beserings, geelkaarte, en ’n straf drie

Dit het naelskraap gegaan in die eerste helfde van die derde Greatest Rivalry-toets, maar die bokke het gewen

Die eerste helfte van die derde toets tussen die Springbokke en die All Blacks het in ’n naelbyt-gelykopuitslag van 12-12 geëindig. Die stryd voor ’n stampvol FNB-stadion het tot dusver aan al die verwagtinge van hierdie historiese rugbywedywer voldoen, gekenmerk deur vroeë drama, dissipline-foute en gevoelige beserings. Die wind het ook gesorg vir vele mis skoppe tussen die pale.

Vroeg in die eerste helfde van die derde toets het die All Blacks voordeel getrek uit n geelkaart wat aan Suid-Afrika se Sacsha Feinberg-Mngomezulu uitgedeel is vir n opsetlike aanslaan.

Dit het die All Blacks-kaptein, Ardie Savea, in staat gestel on die eerste drie van die wedstryd te druk, wat deur Ruben Love, die All Blacks se losskakel, verdoel is.

Ten spyte van hierdie vroeë terugslag het die Springbokke teruggeveg om die telling voor rustyd by die FNB-stadion gelyk te maak.

Behalwe vir Ardie Savea se vroeë drie na Mngomezulu se geelkaart, het die eerste helfde gesorg vir beserings en ’n straf drie wat in die 36ste minuut vir die Springbokke aangeteken is.

Omdat Damian Willemse weens ’n besering uit die span is, moes Kolbe na heelsag skuif en het hy ook die skopwerk oorgeneem om die Bokke se punte op die bord te hou.

Sake het vir die Bokke vererger toe Cheslin Kolbe (wat reeds as heelsag moes instaan vir die beseerde Damian Willemse) in die 14de minuut die veld moes verlaat ná ’n harde stamp teen die kop. Hy is permanent deur Manie Libbok vervang.

Ten spyte van die vroeë terugslae het die Springbokke se strawwe voorry, gelei deur Ox Nché en Malcolm Marx, die All Blacks in die skrums begin opdreun. Die Bokke het hul pad stelselmatig teruggeveg in die kragmeting in en met akkurate skopwerk en taktiese dryfmaalslae die telling teen rustyd op 12-12 gelyk gemaak.

Met die toetsreeks wat tans gelykop op 1-1 staan, is alles op die spel in die tweede helfte om te sien wie die oorhand in hierdie epiese reeks gaan kry.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos