Naweeknuus: Dís wat jy als moet weet

Bok-slot RG Snyman is tydens ’n Leinster-wedstryd teen Scarlets beseer.
Bok-slot RG Snyman is tydens ’n Leinster-wedstryd teen Scarlets beseer. Foto: Facebook.

Gholf-legende Tiger Woods is in hegtenis geneem ná hy sy Range Rover-motor laat rol het. Die ongeluk het sowat tweeuur die middag (20:00 SA tyd) plaasgevind en Woods was vermoedelik onder die invloed gewees.

Woods, wat nie beseer is nie, het glo teen ’n “hoë spoed” gery en is “lusteloos” beskryf toe die polisie hom by die ongelukstoneel naby sy huis gevind het.

Tuis op eie bodem gaan die weermag van 1 April na brandpunte ontplooi word om bendegeweld en onwettige mynbou te beveg. Maar, sê Angie Motshekga, minister van verdediging, dit is nié die werk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om bendegeweld uit te roei nie.

Sy meen, dat die sowat 2 200 soldate net die omgewing moet stabiliseer sodat die polisie hulle werk kan doen, het sy Vrydag in die parlement gesê.

Bok-slot RG Snyman se seisoen saam met die Springbokke is ernstig in gevaar, ná hy ’n besering tydens die Leinster-wedstryd teen Scarlets opgedoen het.

Leinster-afrigter, Leo Cullen, het bevestig dat Snyman vir lánk op die krukkelys kan wees. “Hy gaan vir ’n rukkie uit wees. Ek sal waarskynlik volgende week ’n volledige verslag kry,” het hy gesê.

LEES | Springboks sweating op ‘Viking’ RG Snyman as Leinster confirm injury blow

Slot-kollega Eben Etzebeth is egter weer hierdie week beskikbaar vir die Sharks nadat hy vir 12 weke op die kantlyn moes deurbring ná hy Alex Mann in die oog gekrap het einde verlede jaar.

Die Bulls speel vandag 14:00 teen Munster, die Lions speel 16:30 teen die Dragons en die Stormers speel vanaand 19:00 teen Edinburgh. Kom ons hoop dat dit al drie oorwinnings vir die SA spanne beteken, sonder dat daar nog Bokke beseer word!


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie