Home » Oor ons » Ons span

Ontmoet ons span

Redaksioneel

Ons joernaliste is verbind tot onafhanklike, feitelike en gebalanseerde verslaggewing. Ons streef daarna om die stem van ons lesers te wees.

Barnard Beukman

Ervare joernalis, ook voorheen as uitgewer en redakteur.

Lucia Poolman

Voorheen tydskrifredakteur en akademikus. Nou tweede in bevel.

Vernon Janse van Rensburg

Bekroon vir uitleg en opskrifte.

Gerrie Lotriet

Jare ervaring van drukuitleg en elektroniese grafika.

Ilse Salzwedel

Jare lange ervaring in tydskrifte, boeke, burgerlike aktivisme en radio.


Verslaggewers

Die span wat hard werk om elke dag vir jou die varsste nuus te bring.

Jana Marx

Bekroon op vele terreine van ondersoekende joernalistiek.

Stehan Schoeman

Veelsydige joernalis met groot kennis van en passie vir sport.

Bohemia Jumatt

Reeds merk as ondersoekende joernalis begin maak en sopas vereer deur die Afrikaans Taalraad.

Rasaad Adams

Veelsydige joernalis wat reeds blootstelling aan nasionale, elektroniese en plaaslike media het.

Kaylie Joubert

Behaal haar graad in kommunikasie (cum laude) terwyl sy by ’n kunsgalery werk.

Shanell Binedell

Redakteur van die NWU-studentekoerant, Die Wapad, terwyl sy joernalistiek studeer het.

Ondersteun plaaslike joernalistiek

Word deel van ons leserskap en help ons om aan te hou om kwaliteit nuus te lewer. Teken in vir volle toegang.

Algemene vrae

Vrae oor ons span, vryskutwerk en redaksionele onafhanklikheid.

Hoe kontak ek ‘n spesifieke joernalis?

U kan ‘n joernalis direk bereik deur ‘n e-pos na die redaksie te stuur by nuus@diepapier.co.za met die joernalis se naam in die onderwerplyn.

Aanvaar Die Papier vryskutwerk?

Ja, ons is altyd op die uitkyk vir talentvolle vryskutjoernaliste en bydraers. Stuur jou CV en voorbeelde van vorige werk na redaksie@diepapier.co.za.

Hoe word die redaksionele onafhanklikheid verseker?

Die Papier se redaksie werk onafhanklik van die besigheids- en advertensie-afdelings. Alle redaksionele besluite word geneem op grond van nuuswaardigheid en joernalistieke meriete.