Dis swart op wit op die betalingsbalans: Die oorlog in die Midde-Ooste het Suid-Afrika se invoerrekening in die tweede kwartaal skerp opgejaag en gehelp om die land se lopende rekening van ’n oorskot na ’n tekort te laat swaai.
Die lopende rekening het van ’n oorskot van R181,6 miljard in die eerste kwartaal na ’n tekort van R205,5 miljard in die tweede kwartaal geswaai, aldus die Reserwebank se nuwe syfers.
Dit beteken dat meer geld in die tweede kwartaal deur handel, dienste en inkomste aan die buiteland uitgevloei het as wat die land uit die res van die wêreld ingekry het.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
