Grootskaale aanvalle het Saterdagnag en vroeg Sondagoggend in die Iranse konflik voortgeduur met Amerika en Israel wat hul aanvalle op veral Irakse energie-instellings en oiliedepots verhoog het.
Iran se aanvalle op Golf-State het voortgeduur ten spyte van versekerings dat dit sal staak. Volgens ontleders dui dit daarop dat Iran nie meer beheer oor van sy streekbevelvoerders het nie. Israel het ook hewige aanvalle op Hamas-vestings in Beirut, Libanon voortgesit.
China, waar pres. Donald Trump op 28 Maart vir ’n drie dae lange spitberaad met pres. Xi Jinping in Beijing verwag word, het by monde van ’n regeringswoordvoerder gewaarsku dat die oorlog hoogs vlambaar is en kan uitbrei indien dit nie vinnig eindig nie.
’n Groot gebou in Koeweit Stad, Koeweit Stad-toring, is ook aan die brand nadat dit getref is.
Intussen blyk dit dat die meeste Amerikaners die aanvalle op Iran steun. Volgens opname van die Trafalgar-groep steun 53,9% die Iran-aanvalle teenoor 40,6% wat daarteen is. ’n Peiling deur YouGove vir The Economist dui daarop dat 57% van Amerikaners dink Trump het ’n goeie “State of the Nation”-toespraak verlede week voor die kongres gegee. Talle peilings wys egter dat net 39% tot 44% Amerikaners dink hy doen goeie werk as president.
