Petrol, diesel goedkoper vanaf 1 Julie

Ter illustrasie: Engin Akyurt/pexels.com
Ter illustrasie: Engin Akyurt/pexels.com

Verbruikers mag dalk ‘n sug van verligting slaag met verlaagde brandstofpryse wat vanaf 1 Julie in werking sal tree. Brandstofpryse in Suid-Afrika word maandeliks aangepas op grond van internasionale en plaaslike faktore. Internasionale faktore sluit in dat Suid-Afrika beide ru-olie en verfynde petroleumprodukte invoer teen internasionaal vasgestelde pryse, insluitend invoerkoste soos verskepingskoste.

Van die hoofredes vir aanpassings

  • Die gemiddelde Brent-ruolieprys het gedurende die hersieningstydperk van US$104,59 tot US$86,53 per vat gedaal
  • Die gemiddelde internasionale pryse van petroleumprodukte het die dalende tendens van ru-olie gevolg
  • Die rand het gemiddeld teenoor die Amerikaanse dollar versterk, van R16,52 tot R16,38 per dollar
  • Volgens die reëls vir die bepaling van die Basiese Brandstofprys is 95-oktaan loodvrye petrol die maatstafgraad. Die prysverskil tussen 95- en 93-oktaan word kwartaalliks aangepas

Dis hoeveel goedkoper brandstof gaan wees

  • Petrol 93 (ULP & LRP): R2,01 per liter goedkoper
  • Petrol 95 (ULP & LRP): R1,96 per liter goedkoper
  • Diesel (0,05% swael): R3,14 per liter goedkoper
  • Diesel (0,005% swael): R3,59 per liter goedkoper
  • Verligtingsparaffien (groothandel): R5,23 per liter goedkoper
  • SMNRP vir verligtingsparaffien: R6,97 per liter goedkoper
  • Maksimum kleinhandelprys van LPG: 16 sent per kilogram duurder, en 19 sent per kilogram duurder in die Wes-Kaap.

Wat dit vir jou sak beteken

Binnelands

  • Petrol 93: R25.94
  • Petrol 95: R26.10
  • Diesel (0,05% swael): R24.79
  • Diesel (0,005% swael): R25.17

Kuslangs

  • Petrol 93: R25.07
  • Petrol 95: R26.10
  • Diesel (0,05% swael): R23.91
  • Diesel (0,005% swael): R24.41

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie