1 April kan moontlik werklik soos gekkedag voel wanneer prysstygings ons tref.
Brandstofpryse gaan waarskynlik rekordhoogtes bereik, elektrisiteitstariewe styg ver bo inflasie, en kospryse gaan verbruikers platsak maak.
“Gewone huishoudings se begroting is onder druk. Die speelruimte wat mense gehad het, gaan opgeneem word deur die prysstygings,” sê prof. Waldo Krugell, ’n
ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit.
Die konflik in die Midde-Ooste veroorsaak stygende brandstofpryse, terwyl die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se berekeningsfout kragpryse opjaag.
- Lees Kaylie Joubert se berig in die jongste uitgawe van Die Papier, wat tans op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
