‘Real Housewives’ se omstrede Mel en Peet in die VSA in hegtenis geneem oor supermark-diefstal

Die omstrede Melany Viljoen en haar man, Peet.

As jy vinnig na die boodskappe oor dié vandag op sosiale media kyk, sou jy nie self ’n beter kinkel in ’n realiteitsprogram op die kassie kon skryf nie. Dié nuus voel mos amper onwerklik?

Maar nee, die uiters omstrede Mel en Peet Viljoen is Florida in hegtenis geneem ná ’n ses maande lange ondersoek na kleinhandeldiefstal, berig die Amerikaanse nuuskanaal CBS 12.

Melany (39) en haar man, Peet (57), is Dinsdag tydens ’n padblokkade in hegtenis geneem terwyl hulle in hul swart Range Rover in die dorp Boca Raton gery het. Dié motor word glo verbind aan dosyne diefstalvoorvalle.

Die dorp se polisie het bevestig dat die paartjie meer as $5 300 (ongeveer R88 000) se kruideniersware uit ’n Pubix-supermark tussen Augustus 2025 en Maart vanjaar gesteel het.

Mel en Peet is Dinsdag in hegtenis geneem.
Mel en Peet is Dinsdag in hegtenis geneem. FOTO: CBS 12.

Volgens polisie het die paartjie 52 transaksies waar hulle goedkoper items oplui, terwyl hulle duurder produkte skelm in plek daarvan huis toe neem.

Beeldmateriaal en hul transaksiegeskiedenis dui ook op 392 items wat nie opgelui is nie, waarvan 369 items op video vasgevang is. Dit sluit onder andere vonkelwyn, koeldrank en toiletpapier in.

Terwyl die ondersoek reeds van stapel gestuur is, het Mel en Peet herhaaldelik na dieselfde winkel teruggekeer. Verskeie personeel het aan die polisie gesê dat Peet op verskeie kere werknemers se aandag afgelei het, terwyl Mel glo produkte by die selfhelp-toonbank gesteel het.

Volgens CBS 12 het Peet alles ontken. Daarteenoor het Mel glo teenoor speurders gebieg dat sy alleen opgetree het en moes steel om te oorleef.

Ondersoekers het egter gesê die beeldmateriaal weerlê die paartjie se weergawe.

  • Lees die volledige artikel op NovaNews hoekom dié omstrede paartjie Suid-Afrika vaarwel geroep het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie