Repokoers kan nog een keer onveranderd bly

Repokoers.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Die onlangse groot nuus in die ekonomiese wêreld is dat die inflasiekoers in April van 3,2% tot 4% gestyg het. Dit is hoofsaaklik toe te skryf aan die eerste ronde brandstofprysverhogings. Daardie was ’n 18,2% maand-op-maand-verhoging en brandstofpryse was 11,4% hoër in vergelyking met April verlede jaar.

Daar was steeds ’n beduidende styging in vleispryse teen 9,4%, maar gemiddelde voedselprys-­inflasie was laer. Die pryse van elektrisiteit, gas en ander brandstowwe het met 8,2% gestyg, en water met 7%.

So wat beteken dit vir hierdie week se repokoersbesluit?

  • Lees Waldo Krugell, ’n professor in ekonomie aan die Noordwes-Universiteit, se volledige sakerubriek in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie