Roelf Meyer oor: Sy rol, Trump, handel, AfriForum, volksmoord

Roelf Meyer in sy huis in Silver Lakes, Pretoria. Foto: Danie Bester.
Roelf Meyer in sy huis in Silver Lakes, Pretoria. Foto: Danie Bester.

Roelf Meyer (79), wat in die jare negentig help wys het dat selfs die mees onversoenbare teenstanders om ’n tafel kan sit en praat, het gister sy termyn as nuwe ambassadeur in Washington begin – maar hierdie keer is onderhandelings nie ’n uitgemaakte saak nie.

“Ek het geen illusies oor hoe moeilik dit gaan wees nie. Daar’s nie ’n glinstering wat skielik vir my sê dis ’n quick fix nie,” sê Meyer oor sy mandaat om die uitdagende verhoudinge tussen Suid-Afrika en Amerika te herstel. Waar hy Dinsdag in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, met Die Papier gesels, is sy skrywersvrou, Michèle (58), in die kombuis doenig.

’n Kontrakteur loer by die voordeur in om ’n kwotasie te gee. “Die minister van verdediging wil my net-nou sien,” lig Meyer ons in. Die geskarrel is te verstane. Meyer was in Mei vir drie weke in Washington om sy geloofsbriewe aan pres. Donald Trump te oorhandig en sy voete te vind, maar moes eers terugkom huis toe om alles reg te kry voordat hy op die vliegtuig kon klim om sy vierjaartermyn as ambassadeur te begin.

Vrye tyd

Oor sy vrye tyd sê hy: “Vrye tyd? Watse vrye tyd?” vra hy laggend, maar sê wanneer hy wél kans het om te lees, geniet hy biografieë – veral van Amerikaanse leiersfigure.

“Van hul eie vaders van hul eie grondwetlike proses – Jefferson, Washington . . . My seun het vir my ’n boek uitgewys wat handel oor onder meer Benjamin Franklin, wat ’n baie betekenisvolle rol gespeel het in die Amerikaanse grondwetproses.

“Ek wil amper sê buiten Suid-Afrika ken ek die Amerikaners beter as enige ander nasie, dink ek.”

Hoewel hy en Michèle vir eers hul vyf kinders en agt kleinkinders in Suid-Afrika agterlaat, weet hy Michèle sal wil terugkom vir kleinkind nommer nege se geboorte in September. Maar vir nou wil hy eers sy Kodesa-onderhandelingsvaardighede in Amerika gaan toets . . .

  • Lees Jana Marx, politieke redakteur, se volledige onderhoud met Roelf Meyer in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie