Die Suid-Afrikaanse sewespan het vir Spanje totaal en al oorrompel in die Vancouver-sewestoernooi vroeg Maandagoggend.
Hul oortuigende oorwinning van 38-12 het twee drieë van Shilton van Wyk, terwyl Ryan Oosthuizen, Sebastiaan Jobb, Gino Cupido en Impi
Visser almal agter die pale gaan kuier het.
Spanje kon net twee drieë druk en een verdoel vir hul eindtelling, terwyl hulle al halftyd 17-0 agter was.
Die oorwinning beteken dat Suid-Afrika nou vir Fidji verbygesteek het om bo aan die puntelys anker te gooi. Die Blitzbokke het sover drie uit vanjaar se vier toernooie gewen, waarvan die laaste twee agtereenvolgend is.
Vier toernooie in Amerika, Hongkong, Spanje en Frankryk lê nog in vanjaar se sewes-reeks voor.
