Die kykNET Silwerskermfees is nou al vir 14 jaar ’n gesogte instelling wanneer daar oor die plaaslike filmbedryf gepraat word. Nuwe stemme en akteurs kry ’n geleentheid om die eerste tree te vat om hulself in ’n toeganklike, maar uitdagende, vermaakbedryf te vestig.
Só ook is bekende gesigte en veteraanakteurs eweneens deel van ’n fees wat nuwe inhoud in die kalklig plaas. En dié vermaakbedryf is soveel ryker as gevolg daarvan.
Deesdae vier die kykNET Silwerskermtoekennings beide TV- en filmbydraes in ’n aand wat swier en glans met harde werk voor én agter die kameras versoen.
Hier is die wenners vir speelfilms:
Beste klankontwerp: Guy Steer – Al wat ek weet
Beste oorspronklike klankbaan: Janine Neethling, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste grimering en haarstilering: Jolene Cilliers – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste kostuums: Sulet Meintjes – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste produksieontwerp: Rocco Pool – Al wat ek weet
Beste redigering: Reghardt Botha – Landmyn
Beste draaiboek: Nico Scheepers – Landmyn
Beste kinematografie: Ebrahim Hajee – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste regie: Nico Scheepers – Landmyn

Kortfilms
Beste draaiboek: Michelle le Roux – Twee persent
Beste regie: Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker: Michelle le Roux – Twee persent
Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker: Wag ’n bietjie
Beste akteur: Danny Ross – Wag ’n bietjie
Beste aktrise: Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel
Beste kinematografie: Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie
Beste redigering: Heinrich Laubscher – Twee persent\
Kort dokumentêre films
Beste redigering: Anlerie Cilliers – Rooi van aard
Beste regie: Mia Cilliers – Die grond onthou
Beste dokumentêr: Die grond onthou
Feesgunsteling
Al wat ek weet

Hier is die wenners vir speelfilms:
Beste hoofspeler in ’n komedie: Albert Pretorius (Flip) – Die kantoor
Beste byspeler in ’n komedie: Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Die kantoor
Beste byspeler in ’n telenovela of sepie: Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond
Beste nuweling in ’n telenovela of sepie: Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders
Beste akteur in ’n telenovela of sepie: Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders
Beste aktrise in ’n telenovela of sepie: Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters
Beste akteur in ’n drama: Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies
Beste aktrise in ’n drama: Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers
Beste manlike byspeler in ’n drama: Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee
Beste vroulike byspeler in ’n drama: Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies
Beste aanbieder in ’n leefstylprogram: Hannes van Wyk – Kwêla
Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram: Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr
Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram: Reandi Grey – Boer soek ’n vrou
Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram: Rian van Heerden – Laataand by Rian
Beste aanbieder in ’n dokumentêre program: Rian van Heerden – Schuster
Beste ensemble-aanbiederspan: Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks en Tjops

Wenner in die kategorieë vir speelfilms
Beste vroulike byspeler: Nicole Holm – Landmyn
Beste akteur: Ben Albertyn – Landmyn
Beste aktrise: Anna-Mart van der Merwe – Landmyn
Beste speelfilm: Landmyn
- Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
