Met sokkerkoors wat stadig maar seker ter ondersteuning van Bafana Bafana se Wêreldbeker-aanslag deur Suid-Afrika versprei, het die span eindelik in Mexiko aangekom terwyl die departement van sport, kuns en kultuur steeds probeer vure doodslaan oor die koste van allerlei – kunstenaars, smaakmakers en meer – wat in groepe Mexiko toe sal reis. Die eerstes hiervan het reeds Vrydag vertrek.
Sowat ses miljoen mense sal na verwagting die toernooi tussen 11 Junie en 19 Julie bywoon. Wedstryde word ook in Amerika en Kanada gespeel.
- Lees die volledige berig in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
