Die Solidariteit-beweging is terug in Washington vir vergaderings met die Amerikaanse regering.
Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof, het aan Die Papier bevestig Jaco Kleynhans (Solidariteit) en Werner Human (AfriForum) is in Amerika vir “ ’n voorbereidingstoer met die doel om oplossings te vind wat moontlik later vanjaar tot ’n groter opvolgbesoek kan lei.”
Hermann het bevestig hulle vergader met verskillende dele van die Amerikaanse regering, wat “hoëvlak-amptenare by die Amerikaanse departement van buitelandse sake, die Withuis, die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers” insluit.
- Lees die volledige berig in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
