Sportnuus in Die Papier: Van skolerugby tot F1

Lions-skrumskakel Morné van den Berg.
Lions-skrumskakel Morné van den Berg. Foto: Gallo Images.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool sal vir die eerste keer sedert 2015 na Stellenbosch reis om teen Paul Roos Gimnasium in ’n King Price Derby Series-wedstryd kragte te meet.

Die een rugbytrofee waarvan niemand ooit die wenner onthou nie, is die Skild-trofee vir derby-reekse in die VRK-kompetisie. Tog sal dit die Goudstadse Leeus aanvuur met hul algehele sewende plek ná 12 rondes.

Suid-Afrika se mans-7’s kan weer met die drie belangrikste titels van Wêreldrugby pronk nadat die Blitsbokke die SVNS-reeks gewen het om hul trofee by dié as Wêreldbekerkampioene en Junior Bokke te voeg.

Die FIA moes die twee byeenkomste vanjaar kanselleer weens veiligheidsoorwegings. Die kansellasies plaas onmiddellike druk op die res van die kalender.

  • Lees sportredakteur Stehan Schoeman se sportnuus in die jongste uitgawe van Die Papier, wat van vandag af op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie