Die amptelike speler van die wedstryd was Damian de Allende. Maar dit blyk ’n kommuniaksiefout agter die skerms te wees en dat die ander Damian eintlik dié eer moes kry.
Damian Willemse was uitstekend onder die hoë balle wat sy kant toe geskop is. Aanvanklik het Engeland ietwat te diep geskop, wat vir Willemse baie tyd gegee het om die bal sekuur te vang. Maar selfs toe hulle dié fout later uitgeskakel het, en die druk toegeneem het, was Willemse rotsvas.
Hy het sorgeloos by die aanval aangesluit om Engeland te laat bontstaan, maar kon ewe gemaklik die verdedigingslyn besluitneming staal.
Sy skoppe vanuit die Bokke se kwartgebied was ook ’n meesterklas vir die jongklomp.
Omdat hy so jonk is, is dit soms moeilik om te glo dat Willemse al twee Wêreldbeker-toernooi gewen het. Maar dit is asof dié eerbewyse ’n voorwoord is vir die ongelooflike rugbyverhaal wat hy tans besig is om te skryf.
