’n Versterkende El Niño bring nuwe risiko’s vir Suid-Afrika se landbousektor en inflasievooruitsigte mee, maar ekonome reken die land is op ’n beter plek om die impak op voedselpryse te weerstaan as tydens vorige droogtesiklusse.
Navorsers van die Suid-Afrikaanse El Niño Suidelike Ossilasiegroep (Enso), ’n paneel van klimaatwetenskaplikes en landboukenners, sê El Niño-toestande is nou stewig gevestig oor die Stille Oseaan teenaan die ewenaar en sal na verwagting in die komende maande verder versterk.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
