Vir nou lyk dit of John Steenhuisen tog as landbouminister sal oorleef, maar ontleders en DA-lede is verdeeld oor of hy móét.
Dit kom nadat Geordin Hill-Lewis, die Kaapstad-burgemeester en die gunsteling om die leisels by Steenhuisen as partyleier oor te neem, aan Sunday Times gesê het hy sal Steenhuisen as minister van landbou wil behou.
Hill-Lewis het in ’n vorige onderhoud aan Die Papier gesê: “Die uiteindelike oorweging sal, vir wie ook al die leier is, gegrond moet wees op prestasie en die vermoë om te wys hoe die DA ’n verskil in die regering maak.”
- Lees joernaliste Jana Marx en Rasaad Adams se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat vandag op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
