Swys de Bruin se visier ingestel op Wêreldbekertoernooi

Swys de Bruin, hoofafrigter van die Springbok-vrouespan.
Swys de Bruin, hoofafrigter van die Springbok-vrouespan. Foto: Ashley Vlotman, Gallo Images.

“Ons is nog in ons babaskoene, maar die verwagting is groot en ons is bereid om hard te werk om met die beste spanne in die wêreld te kan meeding.”

Dit is die woorde van die Springbok-vrouespan se afrigter, Swys de Bruin, in ’n onderhoud met Die Papier.

De Bruin is gefokus op die volgende Wêreldbekertoernooi in 2029 in Australië. “Hoewel ons diepte besig is om te groei, moet ons dit verder uitbrei om vier of vyf spelers van internasionale gehalte in elke posisie te hê wanneer die Wêreldbeker begin.”

  • Lees die volledige onderhoud in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos