Tannie Evita ontwikkel oor die jare

Pieter-Dirk Uys voor sy versameling optredes in Darling.
Pieter-Dirk Uys voor sy versameling optredes in Darling. Foto: Stefan Hurter.

Die Suidooster waai nie sag nie. Hy ruk aan vensters, pluk aan rokke en dwing Kaapstad om regop te staan.

Van 29 April tot 3 Mei word die jaarlikse Suidoosterfees weer by Kunstekaap gehou – ’n viering van Afrikaanse kuns wat sedert 2003 gehore lok.

Vanjaar se tema is “Tuiste”. Min karakters verpersoonlik dié idee soos Evita Bezuidenhout, die selfverklaarde “beroemste wit gogo in Suid-Afrika”, en haar skepper, Pieter-Dirk Uys, wat verlede jaar sy tagtigste verjaardag gevier het.

  • Lees Shanell Binedell se volledige onderhoud met Pieter-Dirk Uys in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie