Thysse en Knapp: Junior-middelgewigtitel beloof om ‘geveg van die jaar’ te wees

Brandon Thysse tydens sy geveg met Shervontaigh Koopman. Foto: James Gradidge, Gallo Images.
Brandon Thysse tydens sy geveg met Shervontaigh Koopman.

Die boksgeveg van die jaar!

Só word die kragmeting tussen Brandon Thysse en Roarke Knapp op 28 Maart by Emperors Palace aan die Oos-Rand beskryf.

Die twee sal sake uitspook vir die Suid-Afrikaanse junior-middelgewigtitel in die Golden Gloves Survivor-toernooi, soos die promotor Rodney Berman dié spogtoernooi gedoop het.

Dit sal die derde keer wees dat die twee boksers kragte meet, met een oorwinning elk op hul kerfstok.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie