Tien afsprake, net vyf plekke: Só het ‘Boer soek ’n vrou’ se boere gekies

Groot opgewondenheid in Prins Albert! Foto: Verskaf
Groot opgewondenheid in Prins Albert! Foto: Verskaf

Vyf minute is nie lank om ’n eerste indruk te maak nie. Tog was dit al die tyd wat die deelnemers in die afgelope episode van kykNET se Boer soek ’n vrou-maatsoekreeks gehad het om die top-5 boere se aandag te trek.

Die boere gesels oor hul keuses. Foto: Verskaf
Die boere gesels oor hul keuses. Foto: Verskaf

Die blitsafsprake het by die Swartberg-hotel in Prins Albert plaasgevind, waar elke boer met 10 voorafgekose deelnemers gesels het. Teen die einde van die ontmoetings moes elkeen die groep tot vyf verklein vir ’n volgende afspraak.

Die boere word aan hul briefskrywers voorgestel. Foto: Verskaf
Die boere word aan hul briefskrywers voorgestel. Foto: Verskaf

Aanbieder Reandi Grey het gesê daar was ’n “tasbare opgewondenheid” in die Karoo-lug.

Reandi het vertel die hoe opgewonde die meisies was. Foto: Verskaf
Reandi het vertel die hoe opgewonde die meisies was. Foto: Verskaf

Een deelnemer het die senuwees op ’n meer plaaslike manier saamgevat: Sy het nie “vlinders” in
haar maag nie, het sy gesê, maar eerder “tarentale”.

Vergeet van vlinders, dink aan tarentale! Foto: Verskaf
Vergeet van vlinders, dink aan tarentale! Foto: Verskaf

Toe die kort gesprekke verby was, het die groot besluit gevolg: watter vyf deelnemers kry ’n
volgende afspraak?

Reg vir aksie in Prins Albert se pragtige straat. Foto: Verskaf
Reg vir aksie in Prins Albert se pragtige straat. Foto: Verskaf

Die boere se keuses

Arno (28), bosbouboer, Tzaneen (Limpopo)

  • Dinda
  • Hermien
  • Joanè
  • Mariska
  • Rosanne

Francois (34), natuurbewaarder, Hoedspruit (Mpumalanga)

  • Alicia
  • Beniska
  • Danelle
  • Sonel K
  • Tina

Jack (30), appel- en peerboer, Hermanus (Wes-Kaap)

  • Anri
  • Carina
  • Dominique
  • Hanli
  • Lené

JD (28), gemengde boerdery, Reitz (Vrystaat)

  • Arina
  • Janke
  • Kayla
  • Lara
  • Leoné

Willie (37), bees- en mielieboer, Harrismith (Vrystaat)

  • Amori
  • Kelly
  • Lezelle
  • Madelé
  • Tayla
Reandi en die boere lig hul glasies op die reis wat nou in alle erns begin. Foto: Verskaf
Reandi en die boere lig hul glasies op die reis wat nou in alle erns begin. Foto: Verskaf

Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos